Nog ‘n vermiste ligte vliegtuigwrak gekry – vlieënier sterf

Lees ook :

Foto: Johann Marx

MPUMALANGA. – Die wrak van ’n Cessna 206-vliegtuig, wat Donderdag vermis geraak het, is Saterdag naby Barberton in Mpumalanga gevind. Die vlieënier, wat op Facebook as Johann Marx geïdentifiseer is, was alleen aan boord en het in die ongeluk omgekom.

Sisa Majola, burgerlugvaartowerheid-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die ligte vliegtuig, wat van die King Mswati III Internasionale Lughawe in Mbabane, eSwatini, op pad na die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe in Nelspruit was, het kort nadat dit opgestyg het, kontak met lugverkeerbeheer verloor. ’n Soek-en-reddingsoperasie is deur die lugreddings-en-koördinasiesentrum van stapel gestuur, wat Donderdag en Vrydag deur slegte weer vertraag is. Die wrak is uiteindelik Saterdag in een van die gesoekte gebiede opgespoor.

Die afdeling vir ongeluk- en insidentondersoeke (AIID) het ‘n ondersoek na die derde voorval binne ‘n paar dae, bevestig. ’n Voorlopige verslag oor die voorval sal binne 30 dae op die webblad van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid beskikbaar wees.

“Ons betuig ons medelye aan die familie en vriende van die vlieënier en bedank al die spanne wat aan die soektog deelgeneem het,” het die AIID gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief