STILLE OSEAAN. – Die Amerikaanse vloot het gister drie mense gedood in ‘n aanval op ‘n boot afkomstig van Venezuela, wat glo dwelms, bestem vir die VSA, vervoer het.
Lees ook: VSA vernietig ‘dwelmboot’ van Venezuela – drie dood
Pete Hegseth, Verdedigingsekretaris, het gesê drie mense is oorlede en geen Amerikaners is in die aanval beseer nie.
Hierdie aanval volg ná nog ‘n aanval Dinsdag waartydens twee mense dood is.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê hy het die wetlike reg om aan te hou om bote aan te val, maar hy sal die Kongres se toestemming vra as hy die aanvalle land toe wil neem.
Bronne: BBC, CBS News, ABC
Lees ook: VSA vernietig ‘dwelmboot’ van Venezuela – drie dood





