OEKRAÏNE. – Die president van Oekraïne, Wolodomir Zelenski, het gesê Oekraïne sal die volgende 10 dae aan ‘n plan vir ‘n skietstilstand met Rusland werk.
Lees ook: Drie dood in Russiese aanval op Kijif
Hy het die Amerikaanse president, Donald Trump, aangemoedig om verder te gaan met sy ondersteuning van Kijif nadat Washington verlede week sanksies op Russiese oliemaatskappy ingestel het ná Rusland se toets van die kernaangedrewe Burevestnik-missiel. Zelenski het gesê hy verwelkom die sanksies, maar dat Poetin nie beweeg sal word na die onderhandelingstafel sonder “meer druk” nie.
Volgens Zelenski werk Oekraïne en hulle bondgenote pro-aktief aan ‘n plan vir ‘n skietstilstandooreenkoms met Rusland.
Bronne: The Independent, Sky News, Newsweek
Lees ook: Drie dood in Russiese aanval op Kijif





