INTERNASIONAAL. – 193 mense is in die Filippyne en Viëtnam oorlede tydens die verwoestingstog van tifoon Kalmaegi. In die Filippyne is 188 persone oorlede en vyf mense het in Viëtnam omgekom.
Lees ook: Noodtoestand ná tifoon Kalmaegi Filippyne verlaat
‘n Noodtoestand is in die Filippyne verklaar en reddingswerk is steeds aan die gang in beide die Filippyne en Viëtnam.
Tifoon Kalmaegi is nou op pad na Kambodië en Laos.
Bronne: BBC, Newsweek, The Independent





