Hoëspoedjaagtog in Knysna lei tot daggavonds

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Die polisie het Sondagaand omstreeks 22:30 ná ‘n hoëspoedjaagtog op die N2 naby die Knysna- provinsiale hospitaal op dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R470 000 beslag gelê. Twee verdagtes, onderskeidelik 43 en 49 jaar oud, is in hegtenis geneem en verskyn vandag op aanklagte van dwelmhandel in die Knysna-landdroshof.

Luidens die Tuinroete-polisiewoordvoerder, sers. Christopher Spies, was misdaadvoorkomingsbeamptes met strategiese patrollies in die sentrale sakekern besig, toe hulle ‘n verdagte voertuig in Mainstraat opmerk. Toe die beamptes die voertuig nader, het dit weggejaag. Ná ’n jaagtog is die voertuig tot stilstand gebring en ’n soektog het twee groot pakkies met 58,85 kilogram dagga in die agterkant van die voertuig blootgestel.

Die polisie het ook op drie selfone, ’n skaal en ’n onbekende bedrag geld beslag gelê. Die waaksaamheid van die misdaadvoorkomingsbeamptes is geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief