DUITSLAND. – Alice en Ellen Kessler, Duitse vermaaklikheidskunstenaars, wat onder andere saam met Frank Sinatra, Fred Astaire en Sammy Davis jr. opgetree het, het gister saam hulle lewens geneem. Hulle was as die Kessler-Zwingille bekend en het naam gemaak as sangers, dansers en aktrises.
Lees ook: Amerikaanse huis van verteenwoordigers stem vandag oor Epstein-wetsontwerp
Die susters (89) het gister hulle lewens geneem in hulle woning in Grünwald naby München. Volgens ‘n berig in die Duitse publikasie Bild, het die susters besluit hulle wou nie meer lewe nie en “het gekies om hulle lewens saam te beëindig”.
Die tweeling het in 2024 aan Bild gesê hulle wil hê hulle as moet saam in ‘n nis geplaas word ná hulle dood, by dié van hulle ma en hond.
Die polisie het bevestig die tweeling is gister dood gevind en dat daar geen teken van vuilspel was nie.
Bronne: Entertainment Weekly, Daily Mail, Metro
Lees ook: Amerikaanse huis van verteenwoordigers stem vandag oor Epstein-wetsontwerp





