Voormalige prokureur oor R8.3 miljoen in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Petrus Thobejane (54), ’n voormalige prokureur van Thobejane PM Attorneys in Centurion, het Maandag op 31 aanklagte van diefstal ter waarde van R8,3 miljoen in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê volgens die aanklagte het Thobejane glo tussen November 2024 en Oktober 2025 kliënte bedrieg deur aan te bied dat hy hulle sal help met eiendomsoordragte. Nadat die kliënte geld aan hom oorgedra het, het hy glo nie dienste gelewer nie, het onbereikbaar geraak en het nie die geld terugbetaal nie. Die kliënte het die saak by die prokureursraad aangemeld, waarna die polisie ondersoek ingestel het. Thoobejane is op 13 November by sy huis in Centurion in hegtenis geneem.

Die hof het die saak vir borgtongondersoeke tot 24 November uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief