Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms vir vandag vir dele van die Oos-Kaap uitgereik. Motoriste is oor gevaarlike omstandighede op die pad gewaarsku.
Lees ook: Reën vir die week voorspel
‘n Geel vlak 1-waarskuwing vir dele van Limpopo en Mpumalanga is vir vandag uitgereik. Daar is ‘n moontlikheid van oorstromings, hael, sterk winde en gevaarlike weerlig.
Mense word herinner om lopende water te vermy en om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD
Lees ook: Reën vir die week voorspel





