Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms vir vandag vir dele van KwaZulu-Natal uitgereik.
Lees ook: Sowat 50 leerlinge ontsnap ná ontvoering by skool in Nigerië
Daar is ‘n moontlikheid van oorstromings, hael, weerlig en sterk winde wat skade aan infrastruktuur kan veroorsaak.
Die waarskuwing is geldig vir uPhongolo, Paulpietersburg, Utrecht, Abaqulusi en Ladismith.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bron: SAWD
Lees ook: Sowat 50 leerlinge ontsnap ná ontvoering by skool in Nigerië





