VIЁTNAM. – Tot dusver is 102 mense dood en verskeie word vermis ná hewige reën en oorstromings in Viëtnam.
Lees ook: Oorstromings in Viëtnam eis 41 lewens
Volgens die ministerie van landbou- en omgewingsake het die onlangse oorstromings 102 lewens geëis, meer as 200 huise vernietig en meer as 900 beskadig. Meer as 82 000 hektaar rys en plante is vernietig, sowat 3.34 miljoen stuks vee is dood en verskeie vervoer-, besproeiing-, onderwys- en gesondheidsfasiliteite is vernietig.
In sekere gebiede is meer as 1.5 m reën gemeet, die meeste sedert 1993.
Die eerste minister, Pham Minh Chinh, het ‘n amptelike dokument onderteken om die regering, plaaslike sektore en owerhede aan te moedig om op reddingswerk, die herstel van sakebedrywighede en die stabilisering van mense se lewens te fokus ná die onlangse oorstromings.
Die vloede is die jongste ramp wat Viëtnam die laaste ruk getref net nadat die tifone Kalmaegi en Bualoi die land weke ná mekaar getref het.
Bronne: BBC, The Star, NZ Herald
Lees ook: Oorstromings in Viëtnam eis 41 lewens





