Oranje-klas van 2020 lewer 5 mediese dokters op

Lees ook :

Foto: Van links, voor: Bea Louw, Carli Olivier; agter: Ivanke van Jaarsveld, Jana Campbell, Katia Geustyn. C&N Hoër Meisieskool Oranje

VRYSTAAT. – Bea Louw, Carli Olivier, Ivanke van Jaarsveld, Jana Campbell en Katia Geustyn is nie net pas gekwalifiseerde dokters nie, maar al vyf is oudleerlinge van C&N Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein.

Volgens ‘n sosialemediaplasing van die skool het vier van die splinternuwe dokters hulle grade cum laude aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Van Jaarsveld is boonop as die beste vyfdejaar- mediese student aangewys en is ook die beste student in kliniese ortopedie sowel as in narkose. Katia Geustyn is as die beste praktiese interne medisyne-student benoem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief