GAUTENG. – Die departement van basiese onderwys het aangekondig matriekvraestelle is by verskeie skole in Tshwane gelek.
Lees ook: ANC hoop G20-vennote druk VSA om SA by 2026-beraad in te sluit
Volgens die onderwysminister, Siviwe Gwarube, is die lek van die vraestelle deur merkers opgetel nadat verskeie leerlinge dieselfde antwoorde gegee het op van die vrae.
Dit is bevind 26 leerlinge het die gelekte vraestelle gekry by sewe skole in Tshwane. Die vraestelle vir Engels, wiskunde en fisika is gelek.
Gwarube het gesê die lek kan glo na ‘n ouer van een van die matrikulante wat by die departement van basiese onderwys werk, herlei word. ‘n Kriminele klag is teen die ouer gelê.
Bronne: eNCA, EWN, SABC
Lees ook: ANC hoop G20-vennote druk VSA om SA by 2026-beraad in te sluit





