Gevegte tussen Thailand en Kambodja duur voort

Lees ook :

Thailand-Kambodja vegtery duur voort fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – Die gevegte tussen Thailand en Kambodja naby die grens tussen die lande duur steeds voort.

Lees ook: Dodetal styg in Thailand-Kambodja-gevegte

Minstens 19 mense, insluitend soldate en burgers, is in die vegtery oorlede terwyl duisende mense in beide lande moes ontruim.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê hy gaan met die lande skakel, want hy glo hy kan die konflik tussen die lande beëindig.

Trump het in Julie ‘n vegtery tussen die lande gestop nadat hy albei lande se leiers gedreig het met die stop van handelsamesprekings tensy die konflik ophou.

Thailand het gesê die twee lande moet die saak oplos.

Thailand en Kambodja het mekaar blameer vir die konflik wat hierdie week by die grens begin het.

Bronne: DW – South Africa, US News, CNBCTV18

Lees ook: Dodetal styg in Thailand-Kambodja-gevegte

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief