Verdagte dood tydens skietery met polisie

Lees ook :

Verdagte dood tydens skietery met polisie fotokrediet: Canva

GAUTENG. – ‘n Verdagte wat glo saam met twee ander verdagtes mense van die OR Tambo-lughawe af gevolg en beroof het, is tydens ‘n skietery met die polisie noodlottig gewond.

Lees ook: Man en nog 5 verdagtes aangekla van 56 seksuele misdrywe teen eks-vrou

‘n Multidissiplinêre taakspan het inligting ontvang oor verdagtes wat verbind is aan gewapende rooftogte van die lughawe af. Die span het die verdagtes in Midrand gesien en het hulle probeer voorkeer, maar kon nie daarin slaag nie. ‘n Hoëspoedjaagtog het gevolg, waartydens die verdagtes en polisie op mekaar geskiet het.

Die verdagtes het in Rabie Ridge stilgehou, uit die voertuig geklim en steeds op die polisie geskiet. Een verdagte is noodlottig gewond. Ongelisensieerde vuurwapens is op die toneel gevind.

Die ander twee verdagtes word nog gesoek.

Bron: Gauteng Department of Community Safety

Lees ook: Man en nog 5 verdagtes aangekla van 56 seksuele misdrywe teen eks-vrou

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief