KWAZULU-NATAL. – ‘n Ma en tienerdogter is kort ná 09:00 op Nuwejaar op die Randpad in Manor Gardens in Durban deur twee honde aangeval toe hulle vermoedelik met hulle eie honde gaan stap het.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici en personeel van Homeland Security is na die toneel. Beide ma en dogter is aan hul onderste ledemate gebyt. Hulle is gestabiliseer voordat hulle vir verdere behandeling na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is. Die honde was nie op die toneel toe paramedici aan die werk was nie.





