WES-KAAP. – Anneke “Nicky” van Heerden (54), ‘n voormalige polisiespeurder, se liggaam is Sondagaand omstreeks 22:30 by Keurboomsrivier gevind. ‘n Man (53) is later in die omgewing in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, AO Christopher Spies, het lede op ‘n klagte van ‘n vrou wat geskree het, gereageer. Op die toneel het hulle die slagoffe, met sigbare beserings langs ’n voertuig aangetref. Nooddienste het haar op die toneel dood verklaar.
Die omstandighede rondom die moord word ondersoek. ’n Nadoodse ondersoek is vroeër vandeesweek uitgevoer om die oorsaak van dood vas te stel.
Die verdagte man sal op aanklag van moord in die Plettenbergbaai-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD





