Brekende Nuus
Misdaad

Name bekend van 2 matrieks wat ook ná skoliervervoerongeluk sterf

GAUTENG. – Thato Moetji en Sagwadi Mathe, in gr. 12 van Hoërskool Vanderbijlpark, het Donderdag gesterf weens beserings wat hulle Maandag in ‘n ongeluk op pad skool toe opgedoen het. ‘n Gesamentlike begrafnisdiens sal Sondag by die Saul Tsotetsi-sportgrond in Sebokeng gehou word.

Luidens ‘n verklaring van Steve Mabona, die Gautengse onderwyswoordvoerder, is die twee beseer in die ongeluk waarin 12 ander leerlinge gesterf het.

“Hul lewens, helder en vol belofte, het hul skole, families en gemeenskappe op maniere geraak wat vir altyd onthou sal word. Ons bring hulde aan die lewens van Thato Moetji en Sagwadi Mathe, wie se lig en potensiaal veels te vroeg geneem is. Ons is diep geraak deur hul afsterwe. Mag hul nagedagtenis voortleef as ’n waardige en blywende herinnering aan die hoop, vreugde en moontlikhede wat hulle in hul harte gedra het.”

Die volgende leerlinge het in die ongeluk gesterf, terwyl die beskuldigde, wat die voertuig bestuur het, Donderdag op onder meer moordaanklagte in die hof verskyn en borg laat vaar het.

Thato Moetji, Graad 12, Hoërskool Vanderbijlpark

Sagwadi Mathe, Graad 12, Hoërskool Vanderbijlpark

Buhle Radebe, Graad 11, Hoërskool Vanderbijlpark

Bokamoso Mokhobo, Graad 8, Hoërskool Vanderbijlpark

Sibongile Madonsela, Graad 10, Hoërskool Vanderbijlpark

Leano Moiloa, Graad 8, Hoërskool Vaal

Lesego Sefatsa, Graad 2, Laerskool Oakwood

Letlotlo Katlego Makwe, Graad 2, Laerskool Vaaldriehoek

Ofentse Jayden Vinger, Graad 1, Laerskool Oliver Lodge

Pheello Motaung, Graad 11, Christelike Skool El-Shaddai

Puleng Maphalla, Graad 11, Christelike Skool El-Shaddai

Naledi Motsapi, Graad 10, Christelike Skool El-Shaddai

Bohlale Lekekela, Graad 1, Christelike Skool El Shaddai

Lindokuhle Mabaso, Graad 5, Laerskool Noordhoek