Israel verklaar SA-diplomaat ook persona non grata

Lees ook :

Foto: @IsraelVive X

INTERNASIONAAL. – Benjamin Netanyahu, die eerste minister en Gideon Sa’ar, die Israeliese minister van buitelandse sake, het die Suid-Afrikaanse senior diplomatieke verteenwoordiger in Israel, Shaun Edward Byneveldt as persona non grata verklaar en hom 72 uur gegee om die land te verlaat. Dit volg nadat Dirco vroeër aangekondig het dat Ariel Seidmank, Israel se chargé d’affaires in Suid-Afrika, as persona non grata verklaar is en binne 72 uur die Republiek moet verlaat.

Volgens ’n Facebook-plasing van die Israeliese ministerie volg die besluit “ná Suid-Afrika se vals aanvalle teen Israel in die internasionale arena en die eensydige, ongegronde stap teen die chargé d’affaires van Israel in Suid-Afrika”. In sy verklaring het die Israeliese ministerie gesê Byneveldt moet Israel binne 72 uur verlaat en dat verdere stappe mettertyd oorweeg sal word.

Die diplomatieke spanning tussen die twee lande het die afgelope tyd toegeneem, met wedersydse optrede teen senior verteenwoordigers.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief