Kuberkraker bly luuks vir 1c ‘n nag

Lees ook :

Foto ter illustrasie

Die Spaanse polisie het Woensdag gesê hulle het ’n 20-jarige man in hegtenis geneem wat na bewering ’n hotelbesprekingswebwerf gekraak het om luukse kamers vir so min as een sent te bespreek, in wat beskou word as die eerste bekende kubermisdaad van dié aard.

Volgens France 24 het die verdagte glo die webwerf se betaalstelsel gemanipuleer deur die valideringsproses van ’n elektroniese betaalplatform te verander, sodat besprekings as ten volle betaal voorgekom het.

Maar slegs ’n minimale bedrag – een sent – is werklik gehef vir kamers wat tot 1 000 euro (oor die R19 000) per nag gekos het.

Ten tyde van sy inhegtenisneming het hy in ’n luukse hotel in Madrid gebly met ’n viernagbespreking ter waarde van 4 000 euro (meer as R76 000).

Die man het al verskeie kere in die hotel tuisgegaan en verliese van meer as 20 000 euro (meer as R420 000) veroorsaak, het ’n polisiewoordvoerder gesê.

Bronne: France 24, RTE

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief