Voormalige polisieamptenaar op Ficksburg vir bedrog gearresteer

Lees ook :

VRYSTAAT – ’n Vroulike verdagte (42) wat aan die finansiële departement van die polisie op Ficksburg verbonde was, is vir bedrog in hegtenis geneem.

A.o. Lynda Steyn, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is Vrydag deur die polisie se taktiese reaksiespan op Riverside in Qwa-Qwa gearresteer. 

Die verdagte se pligte was onder meer om geld van die publiek te ontvang vir die hernuwing van vuurwapenlisensies.

Steyn sê sy het haarself na bewering onwettiglik met ’n bedrag van meer as R100 000 verryk.  Sy het glo bedrieglike kwitansies geskep wat nie op die Polfin-stelsel opgespoor kon word nie.

Die verdagte gaan binnekort in die Ficksburg-landdroshof verskyn, volgens Steyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief