KBY SAPS-lid genomineer vir Batho Pele-toekenning

Lees ook :

Die jaarlikse beoordelingsessie van die Batho Pele-uitnemendheidstoekennings het op Vrydag 21 Februarie in Galeshewe plaasgevind. Lt.-kol. Marli Strydom is deur brig. Earl Mills vir hierdie toekenning genomineer.

Lt.-kol. Strydom, hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, is deur die Batho Pele SAPS Nasionale Uitnemendheidstoekennings se beoordelingspaneel ondervra.

Die onderhoud het bestaan uit die aanbevelings van brig. Earl Mills, sers. Cindy Jong en mnr. Richard Springbok. Die drie het volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, getuienisse lewer van lt.-kol. Strydom se onberispelike leierskap en bereidwilligheid om meer as net haar plig te doen.

Volgens brig. Mills is lt.-kol. Strydom die perfekte kandidaat vir die toekenning. “Sy is altyd die een wat haar span moed inpraat en motiveer om die beste te wees wat hulle kan. Sy bied ook gereeld swemklasse aan vir die minderbevoorregtes, om so die gevalle van verdrinkings in die gemeenskap te verminder.

Lt.-kol. Strydom sê dit vir haar ’n groot eer is om vir hierdie toekenning genomineer te wees, aangesien dit ’n geleentheid is vir alle staatsdienswerkers in die hele Suid-Afrika.

“Ek geniet my werk baie. Dit voel asof jy ’n doel gedien het as jy selfs net een mens kon help. Ek is baie bevoorreg om die SAPS te gaan verteenwoordig. Ek wil vir die wêreld wys dat die SAPS vir goeie goed staan.”

Die amptelike sesde Batho Pele uitnemendheidstoekennings vind op 27 Maart 2020 by die Sandton-konvensiesentrum plaas.

Foto: Lt.-kol. Marli Strydom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief