Waarom dele van Gauteng ‘stink’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Indien jy aan die Oos-Rand woon en op Nuusflits se vraag oor ‘n slegte reuk geantwoord het, lees hier waar die reuk wat selfs sommige inwoners uit hulle slaap wakker gemaak het, vandaan kom. Die departement van bosbou, visserye en die omgewing sê hy het die oorsprong van ’n sterk swaelagtige reuk wat in dele van Gauteng, veral in Ekurhuleni en Johannesburg, waargeneem is, ondersoek.

Volgens ‘n verklaring van die departement word die reuk waarskynlik veroorsaak deur verhoogde vlakke van waterstofsulfied (H₂S). Monitering deur die Suid-Afrikaanse luggehalte-inligtingstelsel het gewys dat daar pieke van die gas by verskeie moniteringstasies was, onder meer in Secunda, Springs, Irene, Midstream en Buccleuch. Die departement sê suidoostelike winde het waarskynlik besoedeling vanaf Mpumalanga na Gauteng gewaai. ’n Soortgelyke voorval is ook in 2022 aangemeld.

Die regering werk tans daaraan om strenger emissiestandaarde vir waterstofsulfied in te stel en beplan ook om die gas as ’n formele lugbesoedelingstof onder die nasionale omgewingsbestuur se Wet op Luggehalte te klassifiseer. Wysigings sal na verwagting in 2026 afgehandel word.

Die departement waarsku dat blootstelling aan waterstofsulfied oog- en asemhalingsirritasie, hoofpyn en naarheid kan veroorsaak. Die publiek word aangeraai om sterk reuke by plaaslike owerhede aan te meld, langdurige blootstelling te vermy en mediese hulp te soek indien simptome voortduur.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief