INTERNASIONAAL. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig hy stel planne vir vyf dae uit om Iran se energie-infrastruktuur aan te val as gevolg van wat hy beskryf as “produktiewe” samesprekings met Iran wat daarop gemik is om vyandelikhede op te los. Iran ontken egter dat daar enige gesprekke met die Withuis, of selfs deur tussengangers, plaasgevind het.
Volgens The Economic Times neem spanning toe namate Iran Trump se bewering van “produktiewe gesprekke” verwerp en enige onderhandelinge met die VSA ontken. Teheran beskryf Trump se vyfdag-uitstel van aanvalle as ’n “terugkrabbeling” te midde van ’n toenemende konflik in die Midde-Ooste. Die krisis verdiep rondom die Straat van Hormoes, ’n belangrike olieroete wat bedreig word. Met oorlogretoriek wat toeneem, bly wêreld-energiemarkte en veiligheid onder druk.
Bronne: The Economic Times, Substack





