WES-KAAP. – Vier mense word tans as voorsorgmaatrëel in Kaapstad gemonitor, ná hulle moontlik aan die hantavirus blootgestel is.
Foster Mohale, woordvoerder van die Departement van Gesondheid, het gister bevestig dat 62 mense geïdentifiseer is wat moontlik kontak met besmette persone gehad het. Owerhede hou die situasie noukeurig dop om verdere verspreiding van die virus te voorkom.
Nuusflits het verdere kommentaar gevra.






