Bakkie teen Voëlklip af

Lees ook :

Foto's: AO Christopher Spies

WES-KAAP. – ‘n Man van Groot Brakrivier se bakkie het Dinsdag van ‘n krans af by die berugte Voëlklip, in Heroldsbaai, George, in die see gestort. Hy is omstreeks 23:00 as vermis aangemeld. Nooddienste is tans op die toneel waar ‘n soek-en reddingsoperasie aan die gang is. Dit is nog onseker of die man leef.

AO Christopher Spies sê aan Nuusflits die man het Dinsdagmiddag sy huis verlaat en het nie weer teruggekeer nie. ‘n Soektog is dadelik van stapel gestuur. Dit het die polisie na Voëlklip gelei, maar weens gure weersomstandighede was die pad onbegaanbaar.

Nooddienste wat polisieduikers, soek-en reddingsdienste, George munisipale-brandweer en verkeer insluit, het volgens Spies vanoggend na Voëlklip teruggekeer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief