Veiligheidswag dood en kollega gewond tydens OTM-bomaanval

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Die polisie ondersoek sake van ‘n OTM-bomaanval, moord en poging tot moord nadat ‘n veiligheidswag doodgeskiet en nog een ernstig gewond is. Die voorval het Woensdagoggend vroeg buite ‘n kroeg in Mmakau plaasgevind.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê omstreeks 01:50 is inligting oor ‘n OTM-bomaanval in aanvang, ontvang. Met aankoms by die perseel het die polisie twee veiligheidswagte, onderskeidelik 62 en 51 jaar oud, op die toneel aangetref. Die 62-jarige is deur nooddienste op die toneel dood verklaar, terwyl die 51-jarige met ernstige beserings na ‘n plaaslike hospitaal geneem is.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die OTM deur ‘n ontploffing beskadig is, maar dat die verdagtes nie daarin kon slaag om by die kontant uit te kom nie. Die veiligheidswagte het na bewering op die voorval gereageer toe die verdagtes op hulle losgebrand het.

Volgens die polisie het ses onbekende mans, gewapen met vuurwapens en met klapmusse en gesigmaskers, ná die voorval te voet van die toneel gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom. AO Thomas Kgalegi kan by 079 490 9353 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief