DA eis rekenskap oor koste van straatnaamverandering

Lees ook :

Foto: Google Maps

NOORD-KAAP. – Die DA eis dat die Dawid Kruiper-munisipaliteit openbaar maak hoeveel belastinggeld aan die omstrede straatnaamverandering van Schröderstraat bestee is, terwyl ‘n strafregtelike ondersoek na beweerde bedrog nog aan die gang is. Die naam van die hoofstraat van Upington word na Alfred Qayiso Gubela, ‘n plaaslike aktivis, verander.

Raadslid Henk Opperman, DA-hoofsweep in die Dawid Kruiper-munisipaliteit, sê die polisie ondersoek bewerings dat die ANC ‘n bedrieglike petisie ingedien het om die naamsverandering te steun. Volgens die DA is die petisie glo met gemanipuleerde inligting en selfs die naam van ‘n oorlede DA-lid saamgestel. Die DA sê die munisipaliteit het intussen reeds geld bestee om die straatnaam na Alfred Qayiso Gubelastraat te verander, onder meer op nuwe straatnaamborde, padmerkers en die bekendstelling van die nuwe naam.

Die party eis nou ‘n volledige uiteensetting van alle uitgawes wat met die projek verband hou en waarsku dat belastingbetalers uiteindelik vir ‘n proses kan betaal wat moontlik onregmatig was indien die ondersoek ongerymdhede blootlê.

Volgens die DA sal die party aanhou om die munisipaliteit aanspreeklik te hou en toesien dat inwoners weet hoe hul belastinggeld bestee word.

Druk hier om meer te lees oor wat AfriForum sê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief