Vermeende sindikaatleier in hegtenis vir ‘voertuiglisensiebedrog’

Lees ook :

Foto: RTMC

VRYSTAAT. – ‘n IT-spesialis wat vermoedelik deel is van ‘n sindikaat wat vermoedelik betrokke is by bedrog van multimiljoene met die onwettige lisensiëring van motorvoertuie, is in Parys in hegtenis geneem. Voertuiglisensies is glo goedsmoeds van die verdagte se huis af hernu.

Die inhegtenisneming is gemaak tydens ‘n gesamentlike operasie deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) se Nasionale Teenkorrupsie-eenheid, die polisie se misaadintelligensie, die Valke en hul kubereenhede. Volgens die RTMC het inligting daarop gedui dat die verdagte onwettige toegang tot die nasionale padverkeersinligtingstelsel (NaTIS) by sy woning gehad het en motoriste gehelp het om voertuiglisensies onwettig te hernu. Beamptes het ‘n rekenaar met die NaTIS-aanmeldskerm oop, asook NaTIS-dokumente, voertuigregistrasienommers, aanmeldbesonderhede en identiteitsnommers op die perseel gevind. Daar is op ‘n HP-skootrekenaar, rekenaars en dokumente beslag gelê.

Die verdagte het na bewering onthul dat die sindikaat toegang tot NaTIS-stelsels regoor die land verkry deur amptelike gebruikersbesonderhede te gebruik en veral sentrums sonder biometriese verifikasie teiken. Volgens die RTMC is die inhegtenisneming ‘n groot deurbraak in ‘n ondersoek wat reeds drie jaar duur. Die ondersoek gaan voort, terwyl nog inhegtenisnemings verwag word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief