Dodetal in Trompsburg-busongeluk na 10 hersien

Lees ook :

Foto's: Vrystaat Departement van Gesondheid

VRYSTAAT. – Die dodetal ná die ernstige busongeluk op die N1 naby Trompsburg is van 12 na 10 hersien. Verdere verifikasie tydens bevryding van die wrak het aan die lig gebring dat sommige van die oorledenes aanvanklik meer as een keer getel is.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, sê die bus is intussen op sy wiele gebring en van die toneel verwyder. Padherwinningswerk is egter steeds aan die gang en die herlei van verkeer op die N1 bly tot verdere kennisgewing van krag. Motoriste word versoek om voort te gaan om alternatiewe roetes te gebruik en versigtig in die gebied te bestuur.

Die ongeluk het Donderdagaand, 30 Julie, op die N1 naby Trompsburg plaasgevind. Die bus het volgens die polisie sowat 78 mense, insluitend die bestuurder, vervoer en was onderweg van Kaapstad na Zimbabwe. Sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, sê die bestuurder het glo beheer oor die bus verloor, waarna dit omgeslaan het. Tien mense is op die toneel dood verklaar. Die oorledenes is vier volwasse vroue, een volwasse man, drie meisies en twee seuns.

Volgens die polisie is 57 beseerde passasiers na die Albert Nzula-hospitaal in Trompsburg vervoer, terwyl nog nege vir gespesialiseerde mediese behandeling na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem is. Die busbestuurder is deur die ingeneem en word ondervra, as deel van die ondersoek na die omstandighede rondom die ongeluk.

Nooddienste, polisiebeamptes, verkeersbeamptes en forensiese patologie-dienste was na die toneel ontbied. Saak van strafbare manslag is vir verdere ondersoek geregistreer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief