SUID-AFRIKA. – Die petrolprys daal vanaf Woensdag met R0,52 per liter, terwyl diesel onderskeidelik met R1,38 en R1,23 per liter duurder word.
- 🟢 Petrol 93: ↓ R0,52 per liter
- 🟢 Petrol 95: ↓ R0,52 per liter
- 🔴 Diesel 0,05%: ↑ R1,38 per liter
- 🔴 Diesel 0,005%: ↑ R1,23 per liter
- 🔴 Verligtingsparaffien: ↑ R1,52 per liter
- 🔴 IP-gas: ↑ R2,03 per kilogram
Die veranderinge tree op 5 Augustus in werking. Die departement van minerale en petroleumhulpbronne sê die aanpassings is onder meer beïnvloed deur internasionale brandstofpryse, die rand/dollar-wisselkoers en die prys van ru-olie.
Die maksimum kleinhandelprys van LPG daal egter met R5,03 per kilogram in die Wes-Kaap.








