Slapende man glo deur gebreekte ornament beseer

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n 44-jarige man is glo Saterdag, terwyl hy by sy huis in Brindhaven geslaap het, per ongeluk deur die skerp rand van ’n gebreekte keramiekornament beseer.

Reaction Unit South Africa (Rusa) is na ’n woning in Cherry Place ontbied nadat ’n buurman om dringende mediese hulp gevra het. Die man is met ’n ernstige snywond aan sy regterpols aangetref en het baie bloed verloor. Volgens die beseerde man het die keramiekornament voorheen langs sy bed gebreek. Hy het glo in sy slaap omgedraai en sy pols teen die skerp rand van die gebreekte voorwerp gestamp. Sy ma was ook tuis. Rusa-beamptes het onmiddellik die wond verbind en druk toegepas om die bloeding te probeer beheer.

Die man is daarna na ’n privaat mediese fasiliteit vervoer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief