Geliefde ‘Rustie’ sterf ná beroerte

Lees ook :

Foto: Hoërskool Rustenburg

NOORDWES. – Chrisi Pretorius, ‘n gr. 8-leerling van Hoërskool Rustenburg, is oorlede dae nadat sy ‘n beroerte gehad het.

Chrisi is op 29 Julie in die intensiewesorgeenheid opgeneem nadat sy ’n beroerte gehad het. Haar familie en die Rustie-gemeenskap het sedertdien gehoop op haar herstel, met die skool wat die gemeenskap gevra het om vir haar te bid. Die skool het egter Sondag bevestig dat Chrisi oorlede is en medelye met die Pretorius-familie, haar vriende en almal in die skoolgemeenskap betuig.

Chrisi sal as ’n geliefde lid van die Rusties deur die skoolgemeenskap onthou word.

Nadia Lombard het ook die nuus van Chrisi se afsterwe op BackaBuddy bekend gemaak. Volgens die BackaBuddy-inskrywing het Chrisi aanvanklik ná ’n val tuis herstel, maar haar toestand het sowat ’n week later skielik versleg. Sy is terug na die hospitaal geneem, waar dokters vasgestel het dat die val deur ’n beroerte veroorsaak is. Chrisi is daarna in die intensiewesorgeenheid opgeneem. Die familie het nie mediesefondsdekking gehad nie en het gedurende haar hospitalisasie met toenemende mediese koste te kampe gehad. Lombard het tydens Chrisi se hospitalisasie ’n beroep op die publiek gedoen om die familie finansieel te ondersteun en vir Chrisi en haar geliefdes te bid.

Rustie veg ná beroerte vir haar lewe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief