Jagspinnekop: Erla Diedericks se nuwe riller oor dating-platforms

Lees ook :

Jagspinnekop, die nuwe spanningsverhaal deur Erla Diedericks
Jagspinnekop deur Erla Diedericks verskyn in Augustus 2026.

Moeg vir ‘n koue bed? Ons ken net die plek.

Dit is die uitgangspunt van Jagspinnekop, die nuwe spanningsverhaal van Erla Diedericks wat in Augustus 2026 verskyn.

Smooch is ‘n gewilde platform vir mense op soek na meer. Daar kan jy wees net wie jy wil. Sê net wat jy wil. Flankeer met wie jy wil. Maar Suzette Fourie weet daar is ‘n donker kant aan hierdie interaksies. As profileerder weet sy van die moorde. Vrouens uit die voorstede van Kaapstad. Elkeen ongelukkig met hulle liefdeslewe. Elkeen vermoor en gevind in ‘n veld. Elkeen gemerk met die grillerige kenteken van die moordenaar.

Die media noem hom die Jagspinnekop. En Suzette weet hy gebruik hierdie platforms as sy jagveld. Dis waar hy weerlose vrouens opspoor. En sy aptyt blyk eindeloos.

Nou moet sy hom plattrek voor hy sy tande in die volgende slagoffer kan slaan.

Jagspinnekop is ‘n onheilspellende spanningsverhaal vir die moderne era wat diep onder jou vel in gaan kruip.

Wat maak hierdie boek anders?

  • Erla Diedericks is geken vir haar sielkundige rillers, waar sy met die leser se kop smokkel en hulle enduit aan die raai hou.
  • Hier is die fokus op moderne dating-programme en hoe hulle totale vreemdelinge toegang tot ons binnekamers kan gee.
  • Soos in haar vorige boeke, Salemstraat en Swyg, ondersoek Diedericks ook hier die donker kant van die samelewing wat agter die middelklas se mure skuil.

Weet jy regtig met wie jy praat?

Die skrywer

Erla Diedericks is ‘n joernalis, rubriekskrywer en outeur met meer as 30 jaar ervaring. Sy is geken vir haar aweregse blik op die samelewing en met titels soos Salemstraat, Swyg en Bonsaimeisies het sy haarself gevestig as een van die varsste stemme in plaaslike spanningsfiksie.

Boekbesonderhede

  • Titel: Jagspinnekop
  • Skrywer: Erla Diedericks
  • Publikasiedatum: Augustus 2026
  • ISBN: 9781779860668
  • Prys: R340.00
  • Formaat: 153 x 234 mm
  • Bladsye: 280 pp
  • Bind: Sagteband
  • Kategorie: Spanningsfiksie
  • Oplaag: 1500

Koop die boek aanlyn hier.

*PERSVERKLARING

Wil jy jou persverklaring publiseer? Kontak [email protected] vir inligting en ‘n pryslys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief