Vermiste kind by skool opgespoor – in ander pleegsorg geplaas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ’n Kind (8) wat Vrydag as vermis aangemeld is, is Sondag by ’n skool in Nyanga opgespoor nadat die polisie ‘n ondersoek van stapel gestuur het. Die kind is intussen uit die betrokke pleegsorg verwyder en in ander pleegsorg geplaas.

Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits ‘n ondersoek na ‘n vermiste persoon is aanvanklik deur die Nyanga-polisie geregistreer, waarna die saak na die Nyanga-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) vir verdere ondersoek oorgeplaas is. Volgens die polisie het die opsigter van die skool Vrydag al die klaskamers ná ’n funksie gesluit. Die skoolhoof het die skool eers Sondag vir lede van die Nyanga FKS-eenheid oopgesluit sodat hulle die skoolgebou en klaskamers kon deursoek. Die kind is in een van die klaskamers aangetref.

Hy is deur die polisie ondervra en daarna aan amptenare van die departement van maatskaplike ontwikkeling oorhandig. Van Wyk bevestig die kind is intussen uit die betrokke pleegsorg verwyder en in ’n ander pleeghuis geplaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief