WES-KAAP. – Gr. 5-meisies van nege jaar en ouer in die Wes-Kaap ontvang vanaf 3 Augustus tot 23 September die geleentheid om gratis teen die menslike papiloomvirus (MPV) ingeënt te word. Altesaam 36 841 gr. 5-meisies het reeds gedurende die eerste ses maande van 2026 die entstof ontvang. Meer as 14 000 leerlinge moet nog ingeënt word.
Robyn Thomson, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van gesondheid en welstand, sê verpleegkundiges sal gedurende dié tydperk openbare, private en spesiale skole besoek om die MPV-entstof aan kwalifiserende leerlinge toe te dien. Meisies wat voorheen nie die entstof ontvang het nie, sal ook die geleentheid kry om hul inenting in te haal. Mireille Wenger, Wes-Kaapse minister van gesondheid en welstand, doen ’n beroep op ouers en versorgers om die toestemmingsvorms wat deur skole uitgedeel word, te onderteken en terug te stuur.
Die MPV-entstof help om infeksies met die menslike papilloomvirus te voorkom, wat later in die lewe tot servikskanker kan lei.
Druk hier om meer te lees.





