WES-KAAP. – ‘n Vrou (44) is tydens ‘n aanval op die plaas Schoongezicht naby die Paarl aangerand, terwyl ‘n man (45) met kabelbinders vasgemaak is. Die voorval het op 4 Augustus omstreeks 18:50 plaasgevind.
Konst. Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder, sê ses verdagtes het die plaashuis binnegedring en geëis dat ‘n kluis aan hulle uitgewys word. Die rowers het met ‘n televisie, vyf selfone, klere, bankkaarte, juweliersware en kruideniersware gevlug.
Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof. Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.





