3-jarige sterf nadat haar kop in speelgoedkombuis vassit

Lees ook :

Foto: GoFundMe

VSA. – Briella (3) van Florida is dood nadat haar kop in ‘n speelgoedkombuis vasgesit het terwyl sy glo speelgoed probeer uithaal het wat binne-in die speelgoedstel geval het.

Die voorval het op 23 Julie by haar oppasser se huis in Meadows, Boynton Beach, gebeur. Luidens ‘n verslag van ondersoekers het die kind en haar broer of suster daar ten tyde van die ongeluk gebly. Die oppasser was uit en haar eggenoot, wat die kinders versorg het, het die kleuter aangetref met haar kop wat in die speelgoedkombuis vasgesit het. Hy het haar daar uitgekry en noodhulp toegepas voordat nooddienste opgedaag het. Sy is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem waar sy op 27 Julie dood is.

Volgens ondersoekers het die meisie se sibbe gesê sy het vasgesit toe sy speelgoed probeer uithaal het wat binne-in die speelgoedkombuis geval het. Die Boynton Beach-polisie ondersoek steeds die omstandighede van die voorval.

Bronne: GoFundMe, Boynton Beach Police Department

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief