Valke ontdek R600 m. se dwelmlaboratorium in Musina

Lees ook :

Foto's: SAPD

Meer foto’s in berig.

LIMPOPO. – Die Valke het op dwelms en laboratoriumtoerusting met ‘n geraamde straatwaarde van R600 miljoen op ‘n plaas in Musina beslag gelê. Twee Mexikane, twee Zimbabwiërs en een Malawiese burger is in hegtenis geneem nadat wat vermoedelik ‘n kristalmetamfetamien-laboratorium is, ontdek is.

Die plaas is tussen reservate, wildsreservate en nie ver van ‘n landingstrook nie, geleë.

Die Valke se woordvoerder, kol. Avele Fumba, sê die beslaglegging het ’n groot knou aan die dwelmbedryf toegedien. Die intelligensiegedrewe operasie is na ‘n twee maande lange ondersoek laat Donderdagaand, uitgevoer. Buiten die dwelms en toerusting is daar ook op ‘n onbekende bedrag kontant beslag gelê. Dit is die derde klandestiene dwelmlaboratorium wat in Limpopo gesluit is.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag op aanklagte wat verband hou met die vervaardiging en besit van onwettige dwelms in die Musina-landdroshof verskyn. Verdere aanklagte kan moontlik bygevoeg word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief