Dirk van der Westhuizen, die Suid-Afrikaanse sanger, het in ‘n besonderse gebaar nou ‘n snor ter ere van sy pa, ook Dirk van der Westhuizen. Die sanger het Dinsdag op sosiale media bekend gemaak dat sy pa oorlede is. Hy vertel dat sy pa op sy ouderdom self ’n snor gedra het en hom dikwels aangemoedig het om een te groei.
Dirk het ’n roerende huldeblyk op sosiale media gedeel. Hy beskryf die dag as een waarvoor niemand hom kon voorberei nie. “Niks kan mens voorberei vir hierdie dag nie. Om Pappa daar te sien lê het vandag is ’n skok wat geen mens kan beskryf nie. Die sterk man wat pa eens was, vandag net ’n bondel swakheid en magteloosheid,” het hy geskryf. “Rus sag en weet ons het Pa lief! Vir altyd!”
Van der Westhuizen het verder gedeel dat sy pa lank met Alzheimer-siekte en later kanker gesukkel het. Volgens hom het die familie geweet die einde is naby, maar dit het die skok nie minder gemaak nie. “Niemand verdien om so te lei nie,” het hy geskryf.
“Ek het onlangs ’n snor begin groei vir my pa. Pappa, ek dra my snor vir Pappa – ek weet dis iets kleins en vir sommige mense is dit simpel. Maar pa het soveel keer vir my gesê ek moet ’n snor groei en kyk hoe dit lyk. Ek hoop Pa sien dit en ek hoop Pa dink dit lyk so cool soos Pa gedink het dit gaan!”
Van der Westhuizen sluit sy boodskap af met ’n eenvoudige, maar kragtige verklaring: “Lief vir Pappa!”