GAUTENG. – In die saak teen Vusimuzi “Cat” Matlala is ekstra dokumentasie versoek, wat die hooggeregshof tydens die voorverhoor moet oorweeg. Die saak is vir die uitkoms van die voorstelle tot 18 Maart uitgestel.
Buiten aanklagte wat moord insluit, is die omstrede sakeman se naam is ook deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi voor die Madlanga-kommissie van ondersoek genoem tydens ontbloting van ‘n beweerde nasionale sindikaat wat volgens hom politici, regslui, wetstoepassers en sakemanne insluit.
Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê Vusimuzi “Cat” Matlala verskyn saam met sy mede-beskuldigdes Musa Kekana, Tiego Floyd Mabusela, Tsakani Matlala en Zandile Nthabiseng Nzama. Hulle word aangekla van 25 misdade, insluitend 11 gevalle van poging tot moord, wat verband hou met drie afsonderlike skietvoorvalle tussen Augustus 2022 en Januarie 2024. Die staat beweer verder dat die groep ’n skietvoorval beplan het, geld gewas het en ’n vals faktuur gebruik het om die hof te mislei. Die staat het intussen die lys van dokumente ontvang wat die verdediging benodig.
Die hof het die saak uitgestel tot 18 Maart 2026 vir die uitkoms van die voorstelle.