Brekende Nuus
Nuus

Stad Tshwane nooi grondeienaars om grond vir begraafplase aan te bied

GAUTENG. – Die Stad Tshwane het ’n beroep gedoen op grondeienaars om hul belangstelling te toon vir die beskikbaarstelling van geskikte grond vir begraafplase.

Die doel van die proses is om eienaars in Tshwane te identifiseer wat oor grond beskik wat onmiddellik vir begraafplase gebruik kan word. Spesifieke vereistes waaraan die grond moet voldoen, word deur die Stad gestel – soos dat dit minstens 20 hektaar groot moet wees, geskik moet wees vir begrafnisaktiwiteite en aan alle omgewings-, gesondheids- en grondgebruikregulasies moet voldoen. Die grond moet ook beskikbaar wees vir aankoop deur die Stad.

Volgens die kriteria moet die betrokke grond volledig binne die munisipale grense van Tshwane geleë wees. Grondeienaars moet bewys kan lewer dat hulle die wettige eienaars is en dat hulle die reg het om die grond te verkoop. Die grond mag nie onderhewig wees aan regsdispute, beperkings of omgewingshindernisse nie. Verder moet relevante goedkeurings of sertifikate met betrekking tot omgewings- en soneringsvereistes voorgelê word. Die stad vereis ook bewyse dat die grond toegang het tot noodsaaklike dienste soos water, paaie en elektrisiteit, of dat die aansluiting daarvan haalbaar is.

Belangstellende partye kan verdere besonderhede op die Stad se webwerf kry of direk met die betrokke amptenare in verbinding tree om hul voorleggings te doen.

Me. Paledi
☎️ 012 358 3044
📧 [email protected]

Jy kan ook algemene navrae rig aan die Stad Tshwane se sentrale kanale:

Of besoek hul webwerf vir meer besonderhede:
🌐 www.tshwane.gov.za (Government of South Africa)