Brekende Nuus
Afrikaans

Sean ‘P Diddy’ Combs se regspan wil video’s hê van partytjies

Sean ‘P Diddy’ Combs se regspan wil video’s hê van partytjies

fotokrediet; Wikipedia
Sean ‘P Diddy’ Combs se regspan wil video’s hê van partytjies fotokrediet; Wikipedia

Lees ook: Sean ‘Diddy’ Combs in nog 120 sake gedagvaar

VSA. – Sean “P Diddy” Combs se regspan het gesê die video’s van beweerde “freak off” partytjies bewys die seksuele aktiwiteit was konsensueel en dat die aanklaers “seksisties” is.  

Die regspan het gesê die regering moet die video’s vir hulle ook beskikbaar stel om tydens die verhoor in Mei te gebruik.

Combs se prokureurs het gesê die video’s wys slegs konsensuele seksuele kontak met slagoffer nommer 1, wat voorheen as Combs se voormalige meisie, Cassie Ventura, geïdentifiseer is.

Aanklaers het voorheen streng omstandighede waaronder die video’s besigtig kan word, onderhandel, glo omdat Cassie daarvoor gevra het om haar privaatheid te beskerm.

Combs se span het gesê as hulle nie volle toegang tot die video’s het nie, kan dit keer dat hulle Combs behoorlik kan verdedig.

Bronne: USA Today, NBC News, People

Lees ook: Sean ‘Diddy’ Combs in nog 120 sake gedagvaar