Sean ‘Diddy’ Combs in nog 120 sake gedagvaar

Lees ook :

Sean ‘Diddy’ Combs word in nog 120 sake gedagvaar
Sean ‘Diddy’ Combs word in nog 120 sake gedagvaar fotokrediet: Facebook

Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur

VSA. – Sean “Diddy” Combs gaan in nog 120 sake gedagvaar word.

’n Groep prokureurs het aangekondig verskeie slagoffers het na vore gekom oor gebeure wat na bewering by Diddy se partytjies, hotelle, musieklokale en oudisies plaasgevind, waartydens hulle seksueel uitgebuit is. Die klagtes kom vanaf 1991 tot 2024.

Die prokureurs het gesê baie van die slagoffers was minderjariges tydens die beweerde voorvalle. Die jongste klaagster was nege jaar oud.

Diddy is in September in hegtenis geneem vir rampokkery en sekshandel. Hy is steeds in aanhouding na sy borgaansoek afgekeur is.

Bronne: The Independent, NBC News, Entertainment

Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief