SASSA se goue kaarte word tans landswyd met die swart Posbankkaarte vervang. Die goue kaart sal vanaf 28 Februarie 2025 nie meer in werking wees nie.
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) sê die swart Posbankkaarte werk op alle nasionale betaalstelsels.
Voordele vir die kaartgebruikers bly dieselfde – een gratis kaartvervanging per jaar, drie gratis kontantonttrekkings in ‘n winkel per maand, een gratis staat oor die toonbank per maand.
Kaartgebruikers kan *120*218*3# op hulle selfone skakel en dan 1 druk om voort te gaan. Deur die nommer te druk wat die provinsie verteenwoordig waarin ‘n kaartgebruiker is, sal ‘n opsie ontvang word van waar die kaarte vervang kan word.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: