Brekende Nuus
Afrikaans

SAWD voorspel reën vir res van week, waarsku vir vandag

Reën voorspel vir res van week, waarskuwings uitgereik vir vandag

fotokrediet: Saws
Reën voorspel vir res van week, waarskuwings uitgereik vir vandag fotokrediet: Saws

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën oor Suid-Afrika vir die res van die week voorspel. Reën sal moontlik vandag in al nege provinsies van die land voorkom.

Lees ook: Storms voorspel tot Donderdag

’n Oranje vlak 6-waarskuwing is vir Gauteng, dele van die Noord-Wes, Vrystaat en Mpumalanga uitgereik vir swaar reën.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën geld vir die Noord-Wes, Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo.

Die Noord-Kaap is met ‘n geel vlak 2-kennisgewing teen erge donderstorms gewaarsku, terwyl KZN met ‘n geel vlak 4-kennisgewing teen swaar reën gewaarsku is.

’n Geel vlak 1-waarskuwing is vir die Oos-Kaap uitgereik vir erge wind en deinings.

Bronne: Saws

Lees ook: Storms voorspel tot Donderdag