Brekende Nuus
Afrikaans

Fase 3-beurtkrag ingestel

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

Eskom het Fase 3-beurtkrag vanaf vanmiddag 17:30 tot verdere kennisgewing ingestel.

Die energieverskaffer sê hy het ‘n terugslag beleef, nadat daar vir 20 dae geen beurtkrag ingestel is nie.

Eskom sal Sondag ‘n opdatering oor die elektrisiteitsvoorsiening maak.