Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Nuwe sonpaneelplaas in Kaapstad oopgemaak

Foto: Skermskoot video Geordin Hill-Lewis
Foto: Skermskoot video Geordin Hill-Lewis

WES-KAAP. – Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, is by Antlantis Foundries, waar ‘n massiewe nuwe sonpaneelplaas geopen is. Die elektrisitetisvoorsiening van dié sonpanele sal tot voordeel vir die stad wees.

Met die 20 000 panele word 13.5 MW opgewek wat by Kaapstad se elektrisiteitsnetwerk gevoeg word. 5 MW elektrisiteit kan daagliks deur die stad van die plaas aangekoop word wat die stad meer onafhanklik van Eskom sal maak.

Hill-Lewis sê voorts die projek het ook vir 200 persone werk geskep en moedig inwoners en besighede aan om hul oortollige elektrisiteit aan dié stad te verkoop.