Brekende Nuus
Afrikaans

Koue vir die week, sneeu oor die Drakensberge voorspel

Koue temperature voorspel vir die week, sneeu oor die Drakensberge

fotokrediet: SAWD
Koue temperature voorspel vir die week, sneeu oor die Drakensberge fotokrediet: SAWD

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku oor ’n afsny-laagdrukstelsel wat vanaf Woensdag die land gaan tref en na verwagting tot Saterdag gaan aanhou.

Lees ook: Reën oor grootste deel van land voorspel, verskeie waarskuwings uitgereik

Koue temperature, reën en donderstorms is oor die grootste deel van die land voorspel. Erge donderstorms met oorstromings, skade aan paaie, huise en die verlies van infrastruktuur, eiendom en diere word voorspel, veral in die Vrystaat en Noord-Wes. Daar sal moontlik ook hael wees.

Sneeu word voorspel oor die Drakensberge in Lesotho, KZN en die Oos-Kaap.

Bronne: SAWD

Lees ook: Reën oor grootste deel van land voorspel, verskeie waarskuwings uitgereik