Brekende Nuus
Afrikaans

Drie persone in Swede buite manshaarkapper doodgeskiet

Drie mense is in Swede doodgeskiet buite ’n manshaarkapper

fotokrediet: X
Drie mense is in Swede doodgeskiet buite ’n manshaarkapper fotokrediet: X

SWEDE. – Drie mense is gister (Dinsdag) dood in ’n skietery buite ’n manshaarkapper in Uppsala, Swede.

Lees ook: 11 mense doodgeskiet by opleidingsentrum vir volwassenes in Swede

Die polisie het gesê hulle het oproepe ontvang oor skote in Uppsala buite die Shalom-manshaarkapper.

Volgens die polisie het die skieter na die skietery op ’n elektriese bromponie gevlug. ’n Soektog is aan die gang om hom te vind.

Die polisie het gesê die motief vir die skietery is onbekend, maar ‘n Sweedse nuusagentskap het berig een van die slagoffers was glo betrokke by die beplande aanval van ’n bendeleier se familielid.

Bronne: BBC, The Independent, The Sun

Lees ook: 11 mense doodgeskiet by opleidingsentrum vir volwassenes in Swede