Brekende Nuus
Afrikaans

TikTok-ster doodgeskiet tydens uitsending

TikTok-ster doodgeskiet tydens uitsending

fotokrediet: X
TikTok-ster doodgeskiet tydens uitsending fotokrediet: X

GUADALAJARA, MEXICO. – ’n TikTok-ster is tydens ’n uitsending by ’n skoonheidsalon doodgeskiet.

Lees ook: Breindood vrou word lewend gehou oor anti-aborsiewet

Valeria Marquez (23) was besig met ’n TikTok-uitsending toe ’n man by haar skoonheidsalon ingegaan het en haar geskiet het. Die uitsending het eers geëindig toe ’n ander persoon haar foon opgetel het om dit te stop.

Plaaslike media het beweer Marquez is doodgeskiet deur ’n man wat gemaak het of hy vir haar ’n geskenk bring.

Dit is onbekend wat die motief vir die moord was, maar die polisie ondersoek dit as ’n “femicide”, wanneer vrouens en meisies vermoor word oor hulle geslag.

Nog geen verdagte is vir die moord geïdentifiseer nie.

Bronne: BBC, CBS News, Sky News

Lees ook: Breindood vrou word lewend gehou oor anti-aborsiewet